Simone Hendriks

Ek het BA Taalstudie aan die Universiteit van die Vrystaat studeer, met Suid-Afrikaanse Gebaretaal as my hoofvak. Ek het my graad met lof ontvang en aangegaan om my honneurs te doen in BA Taalpraktyk met my spesialisasie in gebaretaaltolking. Terwyl ek besig was met my honneurs is ek stelselmatig opgelei as 'n gebaretaaltolk. Ek het my honneurs voltooi en is tans 'n vryskuttolk aan die Universiteit van die Vrystaat. Ek glo ek het my passie gevind. Ek geniet elke oomblik en uitdaging daarvan.

Einstein-kompetisie: Simoné Hendriks

Simone Hendriks Einstein-kompetisie 2016-04-06

Lees Simoné Hendriks se inskrywing vir die Einstein-kompetisie. Hierdie kompetisie daag jong navorsers by universiteite uit om hulle eie navorsing in 130 karakters op te som.

Top