Shanell Brandt is gebore en getoë in Nababeep, ’n klein myndorpie in Namakwaland. Sy ontvang haar laer- en hoërskoolopleiding in Nababeep en verwerf haar MA-graad in Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy leef haar liefde vir haar medemens uit in haar beroep as maatskaplike werker van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling van die Noord-Kaap.