Séverine Kodjo-Grandvaux

Séverine Kodjo-Grandvaux is ’n filosoof en navorser verbonde aan Paris 8 Universiteit se navorsingsentrum Laboratoire d’études et de recherches sur les logiques contemporaines de la philosophie. Sy is die skrywer van Devenir vivants (Philippe Rey, 2021), Philosophies africaines (Présence africaine, 2013), wenner van die Louis Marin-prys vir l’Académie des Sciences d’Outre-Mer [die betrokke dissiplines is geskiedenis en geologie, en die betrokke gebiede is die voormalige koloniale gebiede Afrika, Asië, Suid-Amerika en Oseanië.] Sy is ook die mederedaktrise van Droit et colonisation (Bruylant, 2005). In 2022 verskyn Pour un monde en commun (Actes Sud), met medeskrywers Achille Mbembe en Rémy Rioux. 

Séverine Kodjo-Grandvaux is ook die hoof van die Laboratoire Économie du vivant as deel van die Fabrique de Souza-projek in Kameroen. Sy skryf ook in haar hoedanigheid as joernalis vir Le Monde.

Achille Mbembe: "Om die demokrasie aan die hand van die lewende te heruitvind" (uit die Frans vertaal deur Johann Rossouw)

Séverine Kodjo-Grandvaux, Achille Mbembe, Johann Rossouw Onderhoude 2023-08-16

"Mense was nog altyd ’n bietjie meer as bloot mens. Dieselfde geld objekte wat nog altyd ’n bietjie meer as bloot werktuie was. Dit is wat die animistiese Afrika-denke ons van altyd af leer."

Top