Servaas van der Berg

Servaas van der Berg is buitengewone professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch en beklee die Nasionale Navorsingstigting se Suid-Afrikaanse leerstoel in die Ekonomie van Sosiale Beleid. Hy lei die navorsingsgroep Resep (Research on Socio-Economic Policy), wat navorsing doen oor ’n wye verskeidenheid velde wat te doen het met armoede en ongelykheid, en beleid wat gerig is daarop om dit te verminder. Dit geld onder andere vir onderwys, gesondheid, maatskaplike toelaes, die arbeidsmark, en fiskale besteding. Hy lewer beleidsadvies vir verskeie nasionale en provinsiale departemente en doen ook heelwat navorsing in ander lande van Suider-Afrika, met finansiële ondersteuning van instansies soos die Wêreldbank en Unicef (die Verenigde Nasies se Kinderfonds).

Reguit met Robinson: ’n Zoom-onderhoud met Servaas van der Berg

Freek Robinson, Servaas van der Berg SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-11-19

Die grootste deel van die jaar is verlore vir baie van Suid-Afrika se leerders. Freek Robinson gesels met buitengewone professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, Servaas van der Berg, oor die impak van COVID-19-maatreëls op onderwys. Wat gaan skole doen as meer leerlinge hul grade moet herhaal? Wat gaan word van leerlinge wat uitval en hulle vasloop in ’n krimpende ekonomie wat weinig geleenthede bied?

Top