Sanet Taljaard

Sanet Taljaard se kaalvoetjare lê om ’n sandsteenhuis op ’n plaas naby Bethlehem in die Oos-Vrystaat. Konserte vir die skape en speel in die mielieblare berei haar voor vir ’n BA Drama Honneurs en HOD van Kovsies.

By bevoorregte skole soos Oranje Meisieskool (Bloemfontein) en veral minderbevoorregte skole tussen die mynhope van Carletonville, leer sy dat onderwys nederigheid, geduld en hope luistervaardighede verg. Dat Drama ’n handige instrument is om kinders te laat vlieg, ontdek sy dwarsdeur haar onderwysloopbaan. Hoog was die opwinding vir onderwyseres en kind by Hoërskool Grens (Oos-Londen) toe hulle twee keer die geleentheid kry om op nasionale vlak deel te neem aan die ATKV-tienertoneelkompetisie te Aardklop.

Kreatiewe projekte word deel van haar lewe toe sy vyf jaar gelede Kaap toe trek. Terwyl sy deeltyds klasgee by CPUT (Wellington), bestuur sy ’n Drama-skool saam met haar dogter, publiseer ’n paar ondeunde flitsverhale in Sarie, speel in ’n paar Woordfees-produksies en proe wyn.

Tussen die lieflike berg en die see begin sy in 2018 haar passie vir Afrikaans en Drama uitleef by Hoërskool Jan van Riebeeck.

Gevare van sosiale media belig in Jan van Riebeeck-toneelproduksie met feesvennote

Melt Myburgh, Sanet Taljaard Onderhoude 2021-06-13

"Afgesien van die feit dat ons op Jeugdag jong individue onthou wat hul lewens opgeoffer het sodat ons ’n vrye en inklusiewe Suid-Afrika mag beleef, moet die huidige generasie nou die toon aangee, geleentheid kry om te rebelleer en vrae te vra." – Sanet Taljaard van Hoërskool Jan van Riebeeck oor die Suidoosterfees, KKNK en NATi se Die klaskamer.

Top