Sandy Adams-Martinus

Sandy Adams-Martinus is op Mamre gebore en woon die laerskool op Mamre by. Sy voltooi haar hoërskoolopleiding by Saxon Sea Sekondêre Skool in Atlantis. Hierna bekwaam sy haarself as onderwyser aan UWK. Sy is tans Departementshoof en vakhoof vir Afrikaans by Mamre Primêr en is versot op gedigte, veral van die dertigers. Sy het ook ’n hart vir gemeenskapsontwikkeling en is by verskeie aksies betrokke. Sy publiseer gedurende 2022 haar eerste digbundel getiteld Seisoene. Dit beteken dat sy in alle waarskynlikheid die eerste volwassene (van haar leerders het al voorheen gedigte gepubliseer) in Mamre is wat ’n selfstandige letterkundige werk publiseer.

Uit Woordenaars: wie of wat is jy?

Sandy Adams-Martinus Boeke en skrywers 2023-01-10

Luister hoe Sandy Adams-Martinus "wie of wat is jy?" voorlees.

Top