Salome Combrink

Salome gee klas in spraak- en dramakunde aan die destydse PU vir CHO (die huidige Noordwes Universiteit) en behaal haar doktorsgraad in 1986 met die tesis: Drama: Registreerder van laat twintigste-eeuse stadsproblematiek. Sy publiseer 6 boeke en verskeie artikels in tydskrifte en versamelbundels. Sy is die stigter en uitvoerende direkteur van Karos & Kambro wat spesialiseer in opvoedkundige en industriële teater.

’n Onderhoud met haar word deur die BBC uitgesaai en sy word benoem vir verskeie toekennings, o.a. die Premiers-toekenning in Gauteng.

Vanaf 1995 ontwikkel sy verskeie Afrikaanse hooffeesproduksies vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en die Aardklop Nasionale Kunstefees, waarvan die NP van Wyk Louw-produksie, Spieël, in 1999 tydens Aardklop genomineer is vir die Beeld-trofee vir innoverende produksies.

Salome is reeds 45 jaar lank aktief as teater- en sosiale entrepreneur. Sy is veral passievol om die kleurvolle verskeidenheid kulture van Suid-Afrika deur teaterproduksies te belig en daardeur aktief by te dra tot nasiebou en sosiale samehorigheid.

Op die duin

Salome Combrink Fiksie 2019-11-21

“My naam is Hanna dink sy, deurmekaar van die sand wat tot in haar onderklere inkrioel. Die harde maande alleen met haar haaslipman dwing haar elke dag teen skemer die duine uit.”

Top