Ruida Pool-Stanvliet

Ruida Pool-Stanvliet is ’n wetenskaplike by die afdeling wetenskaplike dienste van CapeNature in Stellenbosch. Sy het ’n meestersgraad in plantkunde van die Universiteit Stellenbosch. Sedert die laat 1990’s is sy betrokke by landskapsbewaring, spesifiek die toepassing van Unesco se MAB-program binne geregistreerde biosfeerreservate. Sy doen navorsing oor die toegevoegde waarde van die Unesco-biosfeerreservaatkonsep binne ontwikkelende lande ter bevordering van volhoubare sosio-ekologiese ontwikkeling. Sy is ’n geregistreerde doktorale student aan die Universiteit van Ernst-Moritz-Arndt in Greifswald, Duitsland. Haar navorsingsprojek handel oor die daarstelling van spesifieke biosfeerreservaat-kriteria vir Suid-Afrika. In samewerking met Unesco is sy besig om ’n boek oor biosfeerreservate in Afrika te publiseer.

Die historiese verloop van die Unesco MAB-program in Suid-Afrika

Ruida Pool-Stanvliet 2013-06-19 "Biosfeerreservate is baie spesiale landskappe wat internasionaal deur Unesco volgens die Mens-en-Biosfeer-program (Man and the Biosphere Program, oftewel MAB Program) geregistreer word. Die eerste biosfeerreservaat is in 1998 in Suid-Afrika geregistreer en tans is daar ses geregistreerde biosfeerreservate in die land."
Top