Ronel Bester

Ronel Bester is ’n boorling van die Oos-Kaap en is woonagtig in Qonce (voorheen King William’s Town).  Sy is werksaam by die Provinsiale Departement van Landelike Ontwikkeling en Landbouhervorming in Bhisho. Sy is getroud en is ’n ma van twee tieners, twee katte en ’n hond. Haar groot passies is hekel en lees en sy is altyd te sien met die een of die ander in die hand. Sy geniet dit om tyd in die natuur deur te bring en is baie lief vir diere en die Groot-Karoo.

Met my oë

Ronel Bester Fiksie 2021-10-19

"Kan ek deur jou oë kyk en jy deur myne? Dan sal jy kan sien en verstaan dat ek nooit gekies het om so te kyk nie."

Top