Roland Henwood

Roland Henwood is ’n lektor in die Departement Politieke Wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria.

Hy doseer in die Suid-Afrikaanse politiek en beleid, strategiese- en sekuriteitstudies, demokratisering en menseregte.

Hy het ook al lesings aangebied by verskeie universiteite in die buiteland. Roland en Heather Thuynsma verwerf in 2018 die toekenning as beste dosente in die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria vir die projek The Global Classroom. In 2020 ontvang hulle die UP se toekenning vir Uitnemende Onderrig.

In sy navorsing fokus hy op temas soos regeerkunde en Suid-Afrikaanse politiek en beleid. Hy is betrokke by verskeie navorsingsprojekte en dien ook as beleidsadviseur. Sy publikasies sluit in artikels in geakkrediteerde internasionale en Suid-Afrikaanse vaktydskrifte, hoofstukke in boeke en mede-outeur van ’n boek, verskeie verslae en ongeveer 60 referate by nasionale en internasionale konferensies. Roland was die redakteur en ’n lid van die redaksionele raad van die Strategic Review for Southern Africa.

Roland lewer gereelde insette in die beleidsomgewing en is betrokke by die opleidingsprogramme van verskeie organisasies en instellings. Hy is ook betrokke by en dien/het gedien op die besture van verskeie akademiese en gemeenskapsorganisasies.

Roland lewer ook deurlopend bydraes vir plaaslike en internasionale media-organisasies.

Wyngaard Weekliks: Sal Roelf die pyp kan rook?

Heindrich Wyngaard, Roland Henwood, Jaco Kleynhans Onderhoude 2026-04-16

President Cyril Ramaphosa het Roelf Meyer as ambassadeur na die VSA aangewys. Talle Suid-Afrikaners is verheug daaroor, ander nie. Heindrich Wyngaard gesels met die politieke kommentators Roland Henwood en Jaco Kleynhans.

Reguit met Robinson: Sal Liz Truss ’n haas uit die hoed kan pluk?

Freek Robinson, Theo Venter, Roland Henwood Onderhoude 2022-09-06

Liz Truss, die nuwe premier van Brittanje, neem die leisels by die gediskrediteerde Boris Johnson oor te midde van baie ontwrigtende wêreldgebeure, met Brittanje wat dit ernstig beleef. Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Theo Venter en Roland Henwood, dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Pretoria.

Top