Roeline Daneel
Roeline slaag beide haar dramagraad en honneursgraad in toneelspel cum
laude aan die Universiteit Stellenbosch. In haar honneursjaar word sy
as die beste toneelspelstudent aangewys.Hierna volg 'n honneursgraad
in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch wat sy ook cum
laude slaag. Roeline werk vir sowat 'n jaar agter die kameras by 'n
TV-joernaalprogram voor sy haar voltyds op akteurswerk toespits.
Verhooghoogtepunte sluit in Lawwe Geluide, Blou Uur, Die Ryk Weduwee,
Die Proponentjie, Mooi Maria en N is vir Neurose. Sy was te sien in
die Cannes-bekroonde film, Skoonheid. Haar televisiewerk sluit in Oupa
en Ouma sit op die stoep en kameerolle in Boland Moorde, Vallei van Sluiers en
Vloeksteen. Roeline is ook 'n gereelde speler in RSG
radiovervolgverhale en -dramas.
Polony en die lelike eend
Henry Cloete, Roeline Daneel
2013-02-26
"Ek dink ons het in ’n groot mate ’n plato bereik waar die meeste teater óf so ligsinnig en onuitdagend en kommersieel is dat dit eintlik doodvervelig is, óf so ernstig en selfbewus en hoogdrawend dat die meeste mense glad nie daarmee kan relate nie."