Robert Young

Robert Young is op 25 Julie 1940 in die dorpie Brits naby Pretoria gebore. Na universiteit en drie jaar in die onderwys, het hy in 1973 omroeper/regisseur by die destydse Afrikaanse Radiodiens geword.

Na 4½ jaar as omroeper, is hy bevorder tot Bestuurder: Drama, Dokumentêre en Letterkundige Programme. As dramaregisseur is hy drie keer met die Radio-Artes bekroon as beste dramaregisseur − in 1990 vir Anastasia (Marcelle Maurette), in 1994 vir Plaston: DNS-kind (PG du Plessis) en 1996 vir Die leeu in die winter (James Goldman).

Hy is ook die stigter van die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie in 1996, wat tans nog jaarliks aangebied word.

Hy het ten spyte van sy administratiewe verpligtinge 7 jaar lank die gewilde musiekprogram U eie keuse aangebied tot 2 jaar na sy aftrede.

In 2003 het hy by die SAUK afgetree.

Noleen: Robert Young op tagtig

Robert Young Menings 2020-07-17

"Mý aftrede was nog ver in die toekoms en ek het in daardie tyd, wel, selfs na my aftrede, die Saterdagaandversoekprogram U eie keuse aangebied ... Een van die talle gereelde inskrywers met versoeke was ene Noleen Ferreira van Joubertina. Die kaartjies was in ’n eenvoudige oumenshandskrif, en ek het aangeneem dat sy al redelik bejaard moes wees."

Top