Riaan van de Venter is ‘n assistentdosent in die Departement Radiografie aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.
Kwalifikasies: Nasionale Diploma in Diagnostiese Radiografie, Baccalareus van Tegnologie-graad in diagnostiese radiografie, en 'n meestersgraad in radiografie (navorsing).
Tans verantwoordelik vir opleiding van diagnostiese-radiografie-studente op 1ste- en 2de-jaar-vlak. Asook om 4de-jaar-studente se navorsingsprojekte na te sien.
Ook die Port Elizabeth-verteenwoordiger by die Gemeenskap vir Radiograwe van Suid-Afrika, op nasionale vlak.