Riaan Rheeder

Riaan A.L. Rheeder voltooi sy studie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) met ’n BA (cum laude) in 1985, ’n ThB (cum laude) in 1988, ’n ThM (cum laude) in 1994 en sy  ThD in 1999. Sedert 2011 dien hy aan dieselfde universiteit as professor in etiek (bio-etiek en menseregte) in die Fakulteit Teologie.

Hy het reeds enkele referate in Suid-Afrika, Amerika (Duquense Katolieke Universiteit)  en België (ETF) gelewer en tree as akademikus ook op om meesters- en doktorale studente te begelei, insluitend studente verbonde aan die Greenwich School of Theology in Londen. 

Rheeder was al gasdosent by universiteite in Amerika, Nederland en België. Hy is onlangs benoem tot die internasionale redaksie wat die saamstel van die internasionale Encyclopedia of Bioethics gaan hanteer, en is die skrywer van 20 wetenskaplike artikels. 

Hy is getroud met Corrie, ’n sielkundige aan die NWU, en is die pa van twee dogters en een seun. Hy is ’n aktiewe fietsryer en neem soms aan wedrenne deel.

Universele bio-etiek en outonomie: ’n Christelike besinning op die begrip outonomie binne die Unesco universele deklarasie van bio-etiek en menseregte (2005)

Riaan Rheeder LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2014-05-30

Vryheid en outonomie vorm ’n essensiële eienskap van ’n regverdige gemeenskap; daarom kan mediese personeel vanuit die Christelike tradisie nie anders as om die reg en etiese beginsel van die UDBM van harte te ondersteun en daaraan uitdrukking te gee nie.

Top