Ria-Doret Taljaard

Ek is Ria-Doret Taljaard, 24 jaar oud, en kom van 'n baie klein dorpie in Noordwes, naamlik Delareyville, af. Ek het 'n groot liefde om mense te help en daarom het ek voeding en fisiologie by Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus gaan studeer. Ek het toe my honneursgraad in voeding (meer spesifiek nutrigenetika) voltooi. Omdat ek self 'n tipe 1-diabeet is (waar genetika tot die ontwikkeling daarvan lei), was dit vir my baie interessant om die rol van gene by die ontwikkeling van tipe 2-diabetes in 'n swart Suid-Afrikaanse gemeenskap te ondersoek. Dit was ook baie interessant om te ontdek dat genetika net so ‘n groot rol speel soos 'n persoon se leefstyl. Tans help ek mense met gewigsverlies en kinders met ADHD om gesonde voedselkeuses te maak deur hul leefstyl te verander om 'n gesonder lewe te lei. Gedurende my studentejare het ek weer en weer besef hoe almagtig en goed ons God is deur op uitreike te gaan en my studies self deur te sien en te leer hoe wonderlik Hy alles geskep het.

Einstein-kompetisie: Ria-Doret Taljaard

Ria-Doret Taljaard Einstein-kompetisie 2016-07-01

Ria-Doret help kinders met ADHD om gesonde voedselkeuses te maak deur hul leefstyl te verander.

Top