Renette Blignaut

Renette Blignaut behaal in 1982 ’n BSc aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit en begin as biostatistikus by die Mediese Navorsingsraad (MNR) werk. Sy voltooi in 1985 haar honneurs in wiskundige statistiek op ’n deeltydse basis aan die Universiteit van Pretoria. Sy werk daarna as statistikus by Rupert Internasionaal op Stellenbosch in hul navorsingsafdeling, maar keer weer terug na die MNR as biostatistikus en voltooi in 1990 haar MSc in wiskundige statistiek deeltyds aan die Universiteit van Kaapstad. In 1992 begin sy haar akademiese loopbaan as senior lektrise in statistiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland. ’n PhD word in 1995 deur die Universiteit van Pretoria aan haar toegeken vir ’n tesis, “Modelling of claim patterns of members of private medical aid schemes”. In 2001 word sy aangestel as medeprofessor en in 2005 verkies tot voorsitter van die Departement Statistiek. Haar navorsingsvelde is biostatistiek, data-ontginning en opvoedkundige statistiek.

 

Opgedateer/Updated: 2011-07-18

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

'n Vergelykende studie van toelatingskriteria van 'n seleksie Suid-Afrikaanse universiteite

Isabella Venter, Renette Blignaut LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-07-20

"Daar is besluit om die toelatingskriteria vir verskeie universiteite te vergelyk. Die data van ’n steekproef van studente wat in 2009 by die Universiteit van Wes-Kaapland vir voorgraadse studie aanvaar is, is gebruik om die toelatingskriteria van geselekteerde universiteite te vergelyk."

Top