Renée Marais

Renée Marais het die grade BA(Mus)(UOVS) cum laude, BA(Hons)(UP) cum laude en MA(UP) cum laude verwerf. Haar doktorale proefskrif handel oor Karel Schoeman se outeurspoëtika. Nadat sy bykans twee jaar lank voltyds as taalpraktisyn gewerk het, was sy van 1985 tot 2000 aan die Departement Afrikaans van die Universiteit van Pretoria verbonde. In 2001 word sy hoof van die Universiteit se taalkantoor, Kreatiewe Taaldienste, wat vertaal- en redigeerwerk in verskeie tale vir UP en korporatiewe kliënte lewer. Sy sit haar doseerwerk as senior dosent aan die Eenheid vir Akademiese Geletterdheid voort. Sy het ook in België en Nederland as gasdosent opgetree. Haar spesialiseringsterreine is vertaling, redigering, Nederlandse en Afrikaanse letterkunde.

Sy is outeur van 71 populêre en akademiese publikasies (waarvan die helfte artikels in geakkrediteerde en eweknie-geëvalueerde tydskrifte is) en verskeie internetbydraes, en het 29 referate plaaslik en in die buiteland aangebied. Hierbenewens tree sy dikwels as spreker voor nie-spesialisgehore op. Sy is voorsitter van die Suid-Afrikaanse afdeling van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, en ondervoorsitter van sowel die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek as die Noordelike Kennisnetwerk vir Neerlandistiek. Sy is ook uitvoerende redakteur van Ensovoort en het in 1983 lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Instituut van Vertalers en Tolke verwerf. Sy is 'n gepubliseerde digter en kortverhaalskrywer.


Opgedateer/Updated: 2008-08-27
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

In memoriam: Bonaventure Hinwood, OFM (1930–2016)

Renée Marais In memoriam 2016-09-14

"Diegene wat die voorreg gehad het om hom as priester, digter en/of persoonlike vriend te ken, se lewens is aangeraak deur sy geloof, sy sagmoedigheid, sy goedheid en goedgesindheid teenoor alle mense, en deur sy formidabele intellek."

Beeldvorming in geleentheidsgedigte op gedenkkeramiek oor die Nederlandse koningshuis

Gerard de Kamper, Renée Marais LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-08-27

"In Nederland is daar al in 1574 begin om die koningshuis, die Huis van Oranje, met spesiaal vervaardigde keramiekvoorwerpe te gedenk. Sommige van hierdie gedenkvoorwerpe bevat ook teks."

Top