Quinton Adams

Quinton Adams is ’n opvoedkundige sielkundige en voormalige dosent aan die Universiteit Stellenbosch.

Hy is betrokke by navorsing wat veral op sosiale uitdagings soos armoede en geweld fokus. Sy kundigheid hierin het hom al geneem na Meksiko, Noorweë, Kanada, Swede, Singapoer, België en Oxford-universiteit.

Hy werk die afgelope 18 jaar in informele nedersettings om vooruitgang te beding vir persone in hierdie gemeenskappe. Hy is die Shackbuilder van Suid-Afrika. Hy is ook die ontwikkelaar van ’n program wat ouers help om dissipline by die huis toe te pas. Dié program is al in meer as 150 gemeenskappe aangebied.

Quinton het al talle toekennings ontvang, insluitend die Juta-toekenning, die Delta-toekenning, die Golden Key-prys vir dosente, Gemeenskapskas-draer van die Gemeenskapsvlag en die eNCA SA Hero-toekenning.

Quinton het ’n passie om die lewensbelewenisse van mense in Suid-Afrika te verbeter.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Quinton Adams

Freek Robinson, Quinton Adams Onderhoude 2020-09-29

Nege wonings op ’n agterplaas in Stellenbosch. Een toilet. Een kraan. Een buitetoilet vir sewe families. Om ’n buitetoilet te gebruik is lewensgevaarlik vir vrouens. In die Kaap wag honderde duisende mense vir huise. Dié wat al dekades op waglyste is, word laer afgeskuif. ’n Opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, maak dit sy missie om waardigheid te herstel en lewens te herbou. Hy vertel vir Freek Robinson meer oor The Shackbuilder-projek. 

Top