PJ Haasbroek
Pieter Jacobus (PJ) Haasbroek is op 30 Junie 1943 in Pretoria gebore. In 1954 trek hulle na die Petrusburg-distrik waar sy pa 'n plaas gekoop het. Hy matrikuleer in 1961 aan die plaaslike hoërskool. In 1963 begin hy met sy BA-graad aan die Universiteit van die Vrystaat met Staatsleer en Ekonomie as hoofvakke. Hy verwerf daarna ook sy BA Honneursgraad in Ekonomie. Hy begin in 1967 by die Departement van Beplanning werk en in 1968 voltooi hy sy MA-graad. In 1968 word PJ as lektor aan die Universiteit van Zoeloeland aangestel. Hy ontvang sy doktorsgraad in 1984 aan die Universiteit van Pretoria. In 1985 word hy hoogleraar in Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria, n pos wat hy beklee tot aan die einde van 1987. In 1988 word hy groepsekonoom by Barloworld totdat hy in 2004 aftree.
Sy eerste kortverhaalbundel, Heupvuur , verskyn in 1974 en in 1975 word dit met die Eugne Marais-prys bekroon. Sy ander kortverhaalbundels is Roofvis (1975), Skrikbewind (1976) en Verby die vlakte (1982). Hy skryf ook n novelle (Die jaar nul) en twee jeugboeke (Op soek na die Johanna en Die pad na Maputzi). Die ander vennoot wat in 2009 by Human & Rousseau verskyn, is sy derde roman.
Hy skilder in sy vrye tyd en die stofomslae van sy eerste drie boeke is op sy skilderwerk gegrond.
Boeke steeds in druk:
Kruispunt, Human & Rousseau (2010)
Die ander vennoot, Human & Rousseau (2009)
Bekronings:
Eugéne Marais-prys (1975) Heupvuur
Lys van publikasies
Prosa: kortverhale
1974 Heupvuur, Human & Rousseau
1975 Roofvis, Human & Rousseau
1976 Skrikbewind, Human & Rousseau
1982 Verby die vlakte, Human & Rousseau
1988 Voornagvlug: 'n keur uit die verhale van PJ Haasbroek, Human & Rousseau
2010 Kruispunt, Human & Rousseau
Prosa: novelle
1986 Die jaar nul, HAUM-Literr
Prosa: romans
1993 Lem, Human & Rousseau
2001 Oemkontoe van die nasie, Protea Boekhuis
2009 Die ander vennoot, Human & Rousseau
Prosa: jeugverhale
1977 Op soek na die Johanna, De Jager-HAUM
1980 Die pad na Maputzi, De Jager-HAUM