Pierre Vercueil het in 1972 BSc (Agric) met Veekunde as hoofrigting aan die Universiteit van Pretoria behaal. Aan die einde van 1972 het hy met intensiewe varkboerdery begin. Die boerdery is oor die jare uitbrei. Later jare boer hy in Zambië met avokado’s, sojabone en koring. Sy betrokkenheid by georganiseerde landbou was van plaaslike tot nasionale vlak. Hy het in die direksies gedien van verskeie landbou-ontwikkelingsbesighede, waaronder Agricor en Boskop-opleiding. Hy het op die direksie gedien van Suidwes Beherende Bpk, Suidwes Beleggings Bpk, Suidwes Fin Bpk en Suidwes Landbou Bpk. Hy was voorsitter van die direksie van die Suidwes Groep. Op die oomblik is hy voorsitter van die direksie van Noordkaap Lewendehawe Koöp (Vryburg). Hy is nou ook president van Agri SA.