Phyllis Dannhauser

Phyllis Dannhauser is reeds drie dekades in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf werksaam, en meer onlangs ook mentor en lektor by verskillende filmskole en universiteite, waaronder Wits, die Universiteit van Johannesburg en AFDA. Sy is tans ’n deeltydse dosent in die filmprogram by die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) in Pretoria, waar sy studieleiding gee vir MA- en doktorale studente, asook rolprentontleding en -produksie vir senior studente. Haar ondervinding as redigeerder, draaiboekskrywer en regisseur van veral dokumentêre rolprente, stel haar in staat om jong rolprentmakers te bemagtig om hul volle potensiaal te bereik. Haar onlangse navorsing het gefokus op die integrasie van akademiese navorsing en kreatiewe werk, en historiese oorsigte van produksie in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf. Ander fokuspunte sluit in storievertelling en visuele tekste, identiteit- en postkoloniale studies, dokumentêre rolprente, Suid-Afrikaanse en Afrikaanse rolprente, asook dominante temas in hedendaagse rolprente en dokumentêre in Afrika.

Dominee Tienie as a contemporary parable of ministry, identity and ecclesial protest

Tiaan van Niekerk, Anna-Marie Jansen van Vuuren, Phyllis Dannhauser Academic research 2026-10-30

"The article asks how the film uses myth, metaphor, lament and parable to formulate a theological and socio-cultural critique of the contemporary Afrikaans church without collapsing into overt didacticism or sermonising."

Die rolprent Dominee Tienie as kontemporêre gelykenis van bediening, identiteit en kerklike protes

Tiaan van Niekerk, Anna-Marie Jansen van Vuuren, Phyllis Dannhauser LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-10-30

"Die navorsingsvraag handel oor hoe die rolprent mite, metafoor en gelykenis gebruik om ’n teologiese én sosiokulturele kritiek op die hedendaagse Afrikaanse kerk te formuleer sonder om in didaktiese prediking te verval."

Top