Peter Constantine

Peter Constantine is die uitgewer van World Poetry Books en professor in vertaalkunde aan die Universiteit van Connecticut. Sy vertalings vir Random House en Modern Library sluit werke van Rousseau, Voltaire, Machiavelli, Gogol en Tolstoi in. Hy is 'n Guggenheim-beurshouer en het die PEN Translation Prize vir Thomas Mann se Six Early Stories ontvang, asook die National Translation Award vir The Undiscovered Chekhov. Sy Griekse vertalings van die Suid-Afrikaanse digters Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal het in 2024 in 'n gesamentlike bundel by die Atheense uitgewery Teflon Press verskyn. Dieselfde jaar het die Duitse uitgewery Freigeist Verlag sy vertaling van Ilse van Staden se quastenflosser gepubliseer, en 'n oudioboekuitgawe het in 2025 gevolg.

Van "tosselvin" tot Metamorfose: Peter Constantine in gesprek met Ilse van Staden

Peter Constantine, Ilse van Staden Skrywersonderhoude 2026-10-13

"Metamorfose se opdrag is beide ’n hartsaak en ’n leidraad. Marcella de Boom was my ma: my mentor, my grootste aanhanger, my beste vriendin. My medeboomliefhebber. Sy het dikwels bome geteken of geskilder; haar Noord-Sotho-naam het beteken “die een wat alleen in die bos loop”. De Boom was haar nooiensvan, dus kan ek darem daarop aanspraak maak dat ek ’n halwe boom is. Is dit voldoende leidraad en verklapping?"

Top