Pepler Head
Pepler Head het in 2011 sy meestersgraad in Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van Kaapstad aangepak. Hy het navorsing begin doen oor tyd as struktuurelement in speur- en misdaadfiksie. Hy het onder leiding van Etienne van Heerden in 2013 sy meestersgraad voltooi. Gedurende sy nagraadse studies het hy ook by die universiteit klas gegee. Hy kan tans tussen die rakke van die Universiteit van Kaapstad se biblioteek opgespoor word, waar hy werk as deel van die biblioteek se aflosspan.
LitNet Akademies-resensie-essay: Kobra deur Deon Meyer
Pepler Head
2013-12-18
"Buiten die assosiasies wat in die teks geskep word met die beeld van die slang as dodelik en blitsig, is Die Kobra in die teks op soek na kennis, na die inligting op die SD-kaart, die spreekwoordelike appel van goed en kwaad ..."