Paul word groot in Despatch (Oos-Kaap) en bemoei hom met verse sedert die ouderdom van 16. Sy eerste gepubliseerde vers verskyn in die bundel Honderd Dichters 4 (Leiden, 2001). Hy studeer bedryfsielkunde, maar met ʼn ompad wat filosofie en politieke wetenskap insluit. Paul het ʼn voorliefde vir tale, genealogie, wyn, kos, en musiek. Hy woon tans in Bellville en werk aan materiaal vir ʼn eie bundel.