Nicolene van der Sandt

Ek het aptekerswese by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom studeer en besef dat my passie vir hierdie veld te groot is om op te hou studeer. Dus is ek tans ‘n voltydse tweedejaar-meestersstudent in kliniese aptekerswese by die Sefako Makgatho Gesondheidswetenskappe-universiteit (SMU, voorheen bekend as die Mediese Universiteit van Suid-Afrika – Medunsa). 

Ek het my eerste artikel in 2015 gepubliseer getitel "Gastric pain". In dieselfde jaar het ek ook bygedra tot ‘n nasionale dokument oor besluitneming in die neonatale intensiewesorgeenheid. 

Onlangs het ek die “Goeie kliniese praktyk”-sertifikaatkursus voltooi, en is dus gekwalifiseer om aan kliniese navorsingstudies deel te neem.

Navorsing is my passie en ek glo dat ek nog ‘n lang pad gaan stap in die navorsingsveld.

Einstein-kompetisie: Nicolene van der Sandt

Nicolene van der Sandt Einstein-kompetisie 2016-05-19

Nicolene is tans 'n meestersstudent in kliniese aptekerswese by die Sefako Makgatho Gesondheidswetenskappe-universiteit. Navorsing is haar passie en sy glo dat sy nog 'n lang pad gaan stap in die navorsingsveld.

Top