Nico van Rooyen is n Jakarandastad-boytjie. Hy het daar gematrikuleer en ’n graad in die Natuurwetenskap aan Tuks voltooi. Hy was kortstondig ’n joernalis by Die Transvaler en het sy lewe lank ’n liefde vir skryfkuns en filosofie onderbou. Sy tree is vinnig, sy pad vol blomme, duwwels, drome en soms dom dinge. Alles smaak altyd vorentoe ...