My naam is Nico Smit. Ek is tans in my gemeentejaar om 'n dominee te word. Ek skryf graag en in 2015 het Kruis voor my uit, 'n verhaal oor seksuele molestering, verskyn. Ek is ook 'n berader en bied narratiewe terapie aan vir mense wat deur seksuele molestering geraak word. My meestersgraad word gedoen olv Cas Wepener. Ek werk tans ook as hoof van sosiale media en gemeentelike kommunikasie by Lynnwoodrif-gemeente en voltooi op dié manier my studies.
Ek skryf vir Kerkbode as vryskutjoernalis en is ontsettend lief vir taal. Taal kan wêrelde oopbreek. Daarom lees ek baie graag en is baie lief vir die estetiese waarde wat daar in die wêreld is. God is my Rots, my Herder en Veilige Vesting en alles wat ek het dra ek aan Hom op.