Nico Botha

RJ (Nico) Botha is ’n professor in onderwysbestuur en vergelykende opvoedkunde aan die Kollege van Opvoedkunde by Unisa. Sy spesialiseringsvelde is onderwysleierskap en internasionale studies in onderwysbestuur. Hy is vir meer as 30 jaar reeds betrokke by die opleiding van skoolhoofde en ander onderwysleiers oor die hele Afrika, het reeds 30 referate by internasionale kongresse gelewer en meer as 50 navorsingsartikels in geakkrediteerde vaktydskrifte in sy spesialisgebied gepubliseer. ’n Totaal van 30 studente het hulle doktorsgrade in onderwysbestuur onder sy studieleiding verwerf. Hy beskik onder andere oor ’n BSc-graad in wiskunde en chemie aan die Universiteit van Pretoria en ’n doktorsgraad in onderwysbestuur aan Unisa. Hy is die redakteur van drie voorgeskrewe boeke oor skoolbestuur wat tans deur verskeie universiteite landwyd voorgeskryf word. Hy was vir ’n jaar lank besoekende professor in onderwysleierskap aan die Brigham Young Universiteit in Provo, Utah en het gedurende die tydperk ook ’n skoolleierskapsertifikaat by die Indiana Principal Leadership Academy in Indianapolis verwerf. Hy is getroud en het drie kinders.

Educators as victims of learner violence in South African schools

Nico Botha Academic research 2021-09-29

"[T]his study served as an archetype that could be used in the quest to find solutions to violence against educators at schools, and to school violence in general, while the findings of this study may prove valuable for provincial education managers, circuit managers, school principals, educators at schools, and any other persons or organisations studying the concept of school violence."

Onderwysers as slagoffers van geweld deur leerders in Suid-Afrikaanse skole

Nico Botha LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-09-29

"Hierdie studie sou kon dien as ’n argetipe wat gebruik kan word in die soeke na oplossings vir geweld teen onderwysers in skole, en vir geweld in skole in die algemeen."

Contextual influences on school principals: A case study in Gauteng schools

Nico Botha Academic research 2020-04-06

"Principals, as education leaders, are entering an unknown future, but they must nevertheless be clear about the outcomes that they are striving for."

Enkele kontekstuele invloede op skoolhoofde: ’n Studie in Gautengse skole

Nico Botha LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-04-06

"Skoolhoofde, as onderwysleiers, betree ’n onbekende toekoms, maar hulle moet desondanks duidelikheid hê oor die uitkoms wat hulle wil bereik."

The development of newly appointed principals and school improvement in the Gauteng province of South Africa

Nico Botha Academic research 2018-11-06

"The main research question for this study is: How can newly appointed principals be developed to improve school effectiveness and learner achievement? The objective of the paper was to gather data regarding professional development needs from newly appointed principals in Gauteng."

Die ontwikkeling van nuut-aangestelde skoolhoofde en skoolverbetering in Gauteng provinsie

Nico Botha LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-11-06

"Navorsing het onder meer getoon dat bestaande universiteitsgebaseerde voorbereidings- of ontwikkelingsprogramme soos die BEd-graad en die Gevorderde Diploma of Sertifikaat in Onderwys te teoreties is en skoolhoofde dus nie altyd op ’n effektiewe wyse vir hulle rolle voorberei nie."

’n Lewe van menswaardigheid – 'n gesprek oor die bruin identiteitseminaar

Nico Koopman, Nico Botha, Michael Cloete, Naomi Meyer 2012-11-27 ’n Interdissiplinêre konferensie oor bruin identiteit word aangebied deur die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch. Naomi Meyer het prominente rolspelers en seminaarbydraers by die seminaar hieroor uitgevra.
Top