Nerina Bosman

Nerina Bosman is verbonde aan die Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria. Sy doseer Afrikaanse taalkunde voor- en nagraads en ook toegepaste taalstudies nagraads. Binne die breë en opwindende veld van die (Afrikaanse) taalkunde fokus sy op twee navorsingsgebiede. In die kognitiewe leksikale semantiek spits sy haar toe op metafoorondersoek deur onder andere gebruik te maak van korpuslinguistiek. Op die oomblik interesseer veral eet- en drinkmetafore haar. Sy is hierbenewens ook besig met ʼn groot sosiolinguistiese navorsingsprojek oor Afrikaanse aanspreekvorme. Soos uit die artikel oor Vanden vos Reynaerde afgelei kan word, lê ook die historiese taalkunde en die Middeleeue haar na aan die hart.

In memoriam: Réna Pretorius

Nerina Bosman In memoriam 2019-12-20

"Daarna sit ons vasgenael en luister hoe sy die kort gediggie vir ons uitlê ─ en ’n hele nuwe wêreld begin daardie dag vir baie van ons."

Literature and law in the medieval epic Vanden vos Reynaerde with specific reference to the South African legal system

Jan Stander, Nerina Bosman Academic research 2018-03-22

"What similarities and differences can be pointed out between the court proceedings in the Reynard epic and aspects of the modern South African legal system?"

Letterkunde en die reg in die Middeleeuse epos Vanden vos Reynaerde met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse regstelsel

Jan Stander, Nerina Bosman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-03-22

"Die sentrale gebeurtenis in die Middeleeuse literêre werk Vanden vos Reynaerde is die verhoor van die vos voor koning Nobel die leeu. Die epos bied om hierdie rede ’n insiggewende blik op die regsprosedure van sy tyd (die 13de eeu) – spesifiek die regsprosedure soos toegepas in die feodale Vlaandere."

“Do not call me ‘jy’ and ‘jou’”. The use of u as an Afrikaans form of address in the 21st century. Results of a pilot study

Nerina Bosman, Annél Otto Academic research 2015-12-18

"In this article, the current usage of Afrikaans forms of address is discussed by focusing on the results of a quantitative study regarding the use of the formal pronoun u."

“Moenie my ‘jy’ en ‘jou’ nie” – die gebruik van u in die 21ste eeu. Resultate van ’n loodsondersoek

Nerina Bosman, Annél Otto LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-17

In hierdie artikel lewer Nerina Bosman en Annél Otto verslag van ’n kwantitatiewe loodsstudie na die gebruik van u.

Top