Nelia is elke dag op soek na iets ongewoons. ʼn Verrassing, ʼn kleine wonder, sonskyn. Sy het as kind baie gelees en haarself verloor in die karakters se doen en late. Sy behaal ʼn BSc honneurs aan Universiteit Stellenbosch, werk op ʼn wyn-proefplaas, gee wiskunde en veiligheidskursusse op ʼn ysterertsmyn. Word ʼn fasiliteerder van transformasie. Begin skryf en vind dit uitdagend en groots. Sy bly tans in Kathu met haar man André, hul hond Rocco de Villiers en hul kat Piano wat nie een kan klavierspeel nie. Hulle het twee getroude kinders en vier kleinkinders.