Nathaniel McGregor

Nadat ek my BSc Hons en MSc in die Departement Genetika voltooi het, het ek my PhD in neuropsigiatriese genetika by Tygerberg Mediese Kampus behaal. Daarna het ek ʼn NNS Skaars Vaardighede nadoktorale toekenning ontvang, en het my tyd tussen die US/UK MNR Eenheid vir Angs-en Stressteurings en die farmakogenetika-navorsingsgroep (US) verdeel. In 2016 is ek aangestel as lektor in die Departement Genetika, alhoewel ek steeds aktiewe rolle in die bogenoemde navorsingsprojekte beklee. Op die oomblik gee ek klas in verskeie modules in inleidende genetika en farmakogenetika vir beide voorgraadse en nagraadse studente. Ek het ook die Harry Crossley- en Erasmus Mundus-beurse ontvang. Laasgenoemde beurs laat samewerking tussen US en die Sentrum vir Molekulêre Medisyne, Karolinska-Instituut in Swede toe. Ek is ook 'n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mensgenetika, die Amerikaanse Vereniging van Mensgenetika en die Suid-Afrikaanse Neurowetenskaplike Vereniging.

Einstein-kompetisie: Nathaniel McGregor

Nathaniel McGregor Einstein-kompetisie 2016-04-28

Nathaniel McGregor is in 2016 aangestel as lektor in die Departement Genetika aan die Universiteit Stellenbosch. Op die oomblik gee hy klas in verskeie modules in inleidende genetika en farmakogenetika.

Top