Nathani Lüneburg

Nathani Lüneburg is ’n senior lektor aan die Universiteit van Suid Afrika (Unisa) en doseer in die vakgebiede visuele kuns en multimedia. Sy is ’n praktiserende kunstenaar en is ’n gespesialiseerde in digitale stopraam-animasie. Lüneburg is in 2016 bekroon met die Fiësta-toekenning vir beste kunsaanbieding, die Hallo Ambassador-toekenning vir kreatiewe uitnemendheid in 2015, die Kanna-toekenning vir beste kunsaanbieding in 2015, ’n Absa L’Atelier-merietetoekenning in 2004, en die Universiteit van Pretoria se toekenning aan die uitnemendste honneursstudent in skone kunste, en het in 2016 ’n nominasie vir die Bloom Award by Warsteiner ontvang. Haar kunswerke is al in o.a. die VSA, die Tsjeggiese Republiek, Australië, Italië, China, Mexiko, Namibië, Senegal, Tunisië en Zimbabwe uitgestal, en van haar kunswerke is in kunsversamelings in o.a. Video Nomad in Duitsland, VIDEOHOLICA-videokuns-argief in Budapest in Hongarye, Monash Universiteit se fakulteit Kuns en Ontwerp in Melbourne, Australië, die Nasionale Galery van Praag in die Tsjeggiese Republiek, die Suid-Afrikaanse Ambassade in Canberra in Australië, die Monash Universiteitsentrum vir Kuns en Ontwerp in Gippsland, Australië, en die Unisa-kunsversameling in Suid-Afrika. Lüneburg het al aan 56 plaaslike groepsuitstallings deelgeneem en het tot dusver ses solo-uitstallings in Suid-Afrika en Australië aangebied.

Visual portrayals of miscarriage in the artwork Loss: A critical application of Freud’s theories of loss and trauma

Nathani Lüneburg Academic research 2019-09-27

“I investigate trauma theories of loss and argue that mourning is a natural therapeutic way of dealing with and reacting to loss.”

Visuele uitbeeldings van ’n miskraam in die kunswerk Loss: ’n Kritiese toepassing van Freud se teorieë van verlies en trauma

Nathani Lüneburg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-09-27

“Ek ondersoek traumateorieë oor verlies en argumenteer in die lig hiervan dat rou ’n natuurlike, terapeutiese manier is om op verlies te reageer.”

Top