Natasha van der Merwe

Natasha is ’n talentvolle aktrise, sangeres en danseres in die Suid-Afrikaanse teater- en televisiebedryf. Sy is ’n veelsydige stemkunstenaar, elegante emcee en ’n boeiende choreograaf. Sy het onderskeidings behaal in drama en musiekteater deur Trinity College Londen en in dans deur ISTD by die Waterfront Teaterskool in Kaapstad. Sy is ook ’n gekwalifiseerde afrigter in tap- en moderne danse.

Oor die afgelope tien jaar het Natasha in talle hoofrolle in verskeie verhoogproduksies gespeel, in Engels en Afrikaans, insluitend Die Van Aardes van Grootoor, geskryf en uitgevoer deur Pieter-Dirk Uys; Saturday night fever (reg Greg Homann); Peter Pan the Pantomime (reg Janice Honeyman); Doringrosie (reg Weslee Lauder) en Rock of Ages (Elizma Badenhorst). Sy het ook onlangs die rol van die merry murderess Annie vertolk in die wêreldtoer van Chicago The Musical (Showtime Management en David Ian Productions).

Ander verhoogstukke sluit in Mamma Mia, Spamalot, Sister Act, Aspoestertjie, Robin Hood and the babes in the wood, Aladdin Jnr, Big Bad Musical en Pop Quiz.

Natasha het haar suksesvolle debuut as skrywer en regisseur gemaak met die musikale komedie Dragging 30, met uitverkope in Kaapstad sowel as Johannesburg. Sy het ook die hoofrol in verskeie nasionale en internasionale advertensies vertolk en het as radio-aanbieder gewerk by 101.9 Chai fm, 2 Oceans Vibe en Mix Fm. Natasha vertolk tans die rol van Suzie Naudé in die gewilde sepie Suidooster, weeksdae om 18:30 op kykNET kanaal 144.

  • Foto: Erina Niemand

“Uithouvermoë en veelsydigheid” – Natasha van der Merwe oor kunstenaarwees en die Suidoosterfees-inryteater

Natasha van der Merwe, Izak de Vries Suidoosterfees 2021-10-25

"Dis ’n groot voorreg om die land te kan blootstel aan die ongelooflike skryftalent van ons liedjieskrywers."

Top