Natasha Meyer

Ek is op 30 Oktober 1973 in Pretoria gebore as die oudste van drie kinders.

Ek behaal my matriek in 1991, gaan doen vir ’n  jaar au pair-werk in Duitsland en by my terugkeer sluit ek aan by ’n  sendinggemeenskap wat onder andere uitreikwerk in De Aar doen. Daar ontmoet ek my man; ons is in 1997 getroud en in 2000 is my enigste seun gebore.

Vanaf 2003 is ek woonagtig in Centurion, Gauteng en verdien my brood en botter as aankoper by ’n internasionale ligtevervaardigingsmaatskappy.

Natasha Meyer: Wesens pas nie in enige filmtipe-boksie nie

Natasha Meyer Film 2021-05-10

"Dalk dien die “anderste” film as ’n  waarskuwing dat ons nie net beter na ons aarde moet kyk nie maar ook na mekaar? Dat ons meer verdraagsaam moet wees voor ons alles en almal vernietig met geweld en net gravitasie oorbly?"

Top