Naslie Khan

Naslie Khan is ’n Kaapse tuiskok en entrepreneur wat Halaal Asian Delights begin het – ’n besigheid wat smaaklike, Asiaties-geïnspireerde disse aanbied wat volledig halaal is.

Haar liefde vir kook het op ’n jong ouderdom begin, en oor die jare het sy haar vaardighede geslyp deur te eksperimenteer en resepte te ontwikkel waarvan haar familie en gemeenskap hou.

Na ’n loopbaan in kleinhandel het sy haar passie in ’n voltydse besigheid omskep.

Naslie se disse, van pittige ramen tot hoender tikka-kluitjies, weerspieël haar kreatiwiteit, kulturele trots en toewyding aan gehalte.

Sy droom daarvan om eendag kookklasse aan te bied om haar kennis met ander te deel.

Naslie is ’n gereelde gassjef op Radio 786 en Proe op DStv-kanaal 263, en haar teriyaki-hoendervlerkiesresep het groot sukses behaal by KFM en FNB.

Food for a purpose: ’n onnerhoud met Naslie Khan

Tasneem Daniels, Naslie Khan Leefstyl 2025-07-20

"Die food industry het die krag om ekonomieë aan te dryf, kulture te vier, gesondheid te bevorder én ’n verskil te maak in mense se daaglikse lewe." Tasneem Daniels gesels met Naslie Khan.

Top