Narina Uitenweerde

Narina het grootgeword in Richardsbaai en Centurion. Na Matriek voltooi sy die Nasionale Diploma in drama aan die destydse Technikon van Pretoria. Na voltooiing van haar studies raak sy betrokke in verskeie rigtings, oa as fasiliteerder van ’n groep vir mishandelede vroue, algemene kantoorwerk en drama afrigter. In 2008/2009 word sy aangewys as die Top PA landswyd, en haar beroep neem haar uiteindelik in die korporatiewe wêreld na dié van projekbestuurder, nasionale skakelbeampte- en bemarkingsbestuurder van ’n nasionale eiendomsgroep.

Narina se hart en passie lê diep gewortel in die kunste asook die psigiese welstand van mense in die algemeen, vandaar haar blog waar sy gereeld skryf oor die verhale van mense. Alle mense – hul seer, vreugdes en oorwinnings. “Mense is vir my tegelyk so mooi én so seer, en almal se verhaal moét vertel word.”

Sy is vandag die trotse ma van vier kinders en woon dolgelukkig in Pretoria saam met haar man, kinders en diere wat “eintlik maar die huis regeer.”

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

Narina Uitenweerde Skryfkompetisies 2019-08-25

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Narina Uitenweerde: "En ek bewonder haar. Dié vreemde vrou wat ’n beroep gekies het omdat sy omgee, omdat sy ’n verskil wou maak, omdat sy genesing in haar hande het."

Top