Nandi Victor

Nandi Victor (nee Burger) het in 2013 aan die Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen gematrikuleer. Sy het ’n Baccalaureus Artium in 2016 aan die Universiteit van Pretoria verwerf en in 2017 haar Nagraadse Onderwyssertifikaat aan dieselfde universiteit verwerf.

In 2018 het sy as au pair in Nederland gewerk, waar sy ’n groter belangstelling in die Nederlandse taal ontwikkel het.

Sy begin in 2019 as onderwyseres by Hoërskool Riebeeckrand in Randfontein skoolhou, waar sy Afrikaans Huistaal aan Graad 8’s en 10’s en Afrikaans Eerste Addisionele Taal aan Graad 9’s onderrig het. Sedert 2020 gee sy onderrig in Afrikaans Huistaal aan Graad 10’s en 11’s by Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp.

In 2023 verwerf sy haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch.

Nandi het ’n passie vir Afrikaans, sowel as die onderwys, en haar navorsing is uit die aard van die saak gerig op onderrig. Haar navorsing fokus op kwessies in die onderwys en dit word gerugsteun deur haar eie ervaring as onderwyseres. Met haar navorsing wil sy graag ’n verskil maak in die onderrig van Afrikaans, asook aan Suid-Afrika se sukkelende onderwysstelsel in die algemeen.

A critical analysis and review of the textbook Piekfyn Afrikaans vir Graad 8 Huistaal

Nandi Victor Academic research 2024-01-05

"It is frustrating and stressful to work with a textbook that does not correspond with the teaching plan. The Department of Basic Education checks very strictly whether teachers adhere to the teaching plan, through visits by subject advisors and circuit managers."

’n Kritiese ondersoek en resensie van die handboek Piekfyn Afrikaans vir Graad 8 Huistaal

Nandi Victor LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-05

"Die onderwys is reeds stresvol genoeg en onderwysers se werkslading is hoog. Daarom is ek van mening dat dit onnodig is om nog verder te moet stres oor ’n handboek wat nie op standaard is nie."

Top