Nadine Fouché-Karsten

Nadine Fouché-Karsten het in 2012 ’n BEd-graad met Afrikaans as hoofvak met lof aan die Noordwes-Universiteit (NWU) behaal, gevolg deur ’n BEd Honneurs in Afrikaanse taalonderwys in 2013 en ’n MEd in kurrikulumstudies in 2016, albei met lof. Sy was vanaf 2016 tot 2019 ’n lektor in die NWU se Fakulteit Opvoedkunde waar sy aspekte van Afrikaanse taalkunde en taalonderrig aan voor- en nagraadse studente onderrig het. Sedert 2020 is sy ’n taalkundeskrywer en -navorser vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). Sy is ook die leier van die projek Afrikaansgrammatika vir die onderwys, waar sy die belangrike taak het om grammatika op ’n kreatiewe en innoverende wyse vir onderwysstudente, Afrikaansonderwysers en -leerders te ontsluit. Dit behels onder meer die ontwerp van klaskamerhulpmiddels, die skryf van blogs, die skep van werkwinkels en die hantering van taalnavrae wat via VivA se Taalonderrigadviesdiens gerig word. Sy is ook die hoofadministrateur van Taalonderwysersforum, VivA se Facebookblad wat spesifiek vir die Afrikaanstaalonderwysgemeenskap geskep is. Een van haar navorsingsbelangstellings is kohesie, en sy het onlangs die voorreg gehad om saam met Wannie Carstens aan die boekhoofstuk “Tekslinguistiek” in Toegepaste Afrikaanse Taalkunde, wat in 2022 aanlyn beskikbaar gestel is en onder meer oor kohesie handel, te werk. Hierdie uitset sluit ook aan by haar mees onlangse LitNet-artikel, getiteld “Leemtes in die gebruik van kohesiemerkers in die skryfwerk van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders”. Haar ander groot liefde, soos blyk uit haar werksaamhede by VivA, is die arme stiefkind van die taal, naamlik grammatika. Hier fokus sy veral op die wyse waarop dit vernuwend onderrig kan word, asook die vernouing van die gaping tussen skoolgrammatika en die moderne taalkunde. Om in hierdie behoefte te voorsien was sy in 2024 by ’n Afrikaansonderwysersreeks in samewerking met Ina Strydom op RSG se Taaldinge betrokke, hoewel sy ook al op verskeie ander geleenthede werkwinkels oor grammatika-onderrig aangebied het.

The promotion of critical language awareness teaching in the Afrikaans classroom

Nadine Fouché-Karsten, Elize Vos Academic research 2025-02-10

"To address the gap regarding a reliance on CAPS guidelines, a reflective teaching practice should be implemented, in which teachers become self-directed learners and model the process for their learners, thereby promoting the development of learners’ critical thinking skills."

Die bevordering van kritiesetaalbewustheidsonderrig in die Afrikaansklaskamer

Nadine Fouché-Karsten, Elize Vos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-10

"Kritiese taalbewustheid bied die voordeel vir leerders om selfbesinning, agentskap en sosiale geregtigheid in die klaskamer te ontwikkel. Dit is boonop gekoppel aan die ontwikkeling van leerders se kritiese denkvaardighede, wat hulle in staat stel om taalhandelinge en uitings in werklike kontekste, soos vergestalt in tekste, te ontleed, interpreteer en evalueer."

Gaps in the use of cohesion markers in the writing of Afrikaans grade 6 and grade 9 learners

Nadine Fouché-Karsten Academic research 2024-01-22

"This article contributes by investigating, for the first time, trends related to gaps in the usage of cohesion markers with respect to all five cohesion markers in the writing of Afrikaans-speaking grade 6 and grade 9 learners. In particular, the synthesized summary in section 5.1 can serve as a useful checklist for teachers to alert learners to the typical trends regarding gaps in cohesion marker usage that appears in writing and should be avoided when linguistic forms are used to realise cohesion markers."

Leemtes in die gebruik van kohesiemerkers in die skryfwerk van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders

Nadine Fouché-Karsten LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-22

"Die bewerkstelliging van kohesie deur middel van die gebruik van kohesiemerkers wat deur verskillende taalvorme gerealiseer word, speel ’n belangrike rol gedurende teksproduksie en -interpretasie […] Met ander woorde, dit het betekenisintegrasie tot gevolg, aangesien dit vir die leser aandui dat ’n idee van een punt in die diskoers na ’n volgende voortgesit word en hoe die verskillende dele van ’n teks by mekaar pas."

Focused tasks for the communicative teaching of grammar in the Afrikaans Home Language classroom: a first exploration

Nadine Fouché-Karsten, Marné Pedro, Michele van der Merwe Academic research 2021-11-10

Nadine Fouché, Marné Pedro and Michele van der Merwe: "In addition, we show that a task-supported grammar lesson can deviate from the design based on the present-practise-use style with which it is usually associated."

Gefokusde take in die Afrikaans Huistaal-klaskamer vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika: ’n eerste verkenning

Nadine Fouché-Karsten, Marné Pedro, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-11-10

"Dit is ’n unieke toevoeging tot literatuur oor taakgebaseerde taalonderrig binne die konteks van die Afrikaansklaskamer, aangesien die meerderheid navorsing fokus op die gebruik van take om ’n hele sillabus saam te stel om natuurlike taalverwerwing te bevorder en taakgebaseerde taalonderrig afbaken tot slegs ’n tweede- of vreemdetaalkonteks …"

The realisation of lexical cohesion: A corpus linguistic study of Afrikaans-speaking grade 6 and grade 9 learners’ writing

Nadine Fouché-Karsten, Jako Olivier Academic research 2020-02-11

“The creation of cohesive texts, as effected by making use of various cohesion markers (not solely lexical cohesion), should be encouraged in the classroom because cohesive texts are texts of which the various parts fit together.”

Die realisering van leksikale kohesie: ’n Korpuslinguistiese ondersoek van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk

Nadine Fouché-Karsten, Jako Olivier LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-02-11

“Daarby kan die gebruik van die taalvorme leksikale kohesie op stilisties gevarieerde wyses realiseer en kan dit dienooreenkomstig vir die onderrig van skryfvaardighede in die Afrikaansklaskamer gebruik word.”

Einstein-kompetisie: Nadine Fouché

Nadine Fouché-Karsten Einstein-kompetisie 2016-06-07

Nadine is ’n junior lektor binne die vakgroep Afrikaans vir Onderwys aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

Top