Naaim Briesies

Naaim Briesies van Prins Albert in die Klein Karoo is ’n digter, sanger en rymkletser wat onder andere op gospel fokus.

Hy was na skool vir meer as twee jaar betrokke by Schools4Christ wat die evangelie oraloor in Suid-Afrikaanse skole verkondig het. In hierdie tyd was sy rol om leerders met geestelike ritme en poësie te vermaak.

Naaim bestuur tans die Jeugsentrum in Prins Albert onder die vaandel van die Prins Albert Gemeenskapstrust.

Hy was in 2020 deel van die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskapprogram vir jong liriekskrywers, waar Frazer Barry van Tribal Echo die mentor was.

#opdielug met Naaim Briesies

Robyn van de Rhede, Naaim Briesies Onderhoude 2021-02-10

Robyn van de Rhede gesels met rymkletser Naaim Briesies van Prins Albert. Naaim was in 2020 deel van die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskapprogram vir jong liriekskrywers, waar Frazer Barry van Tribal Echo die mentor was.

Top