Ons behoeftes verskil. Wat nou? (Advies van huweliksberader)
2013-02-05"Ek onthou toe ek ’n kind was, het ek vir ’n ruk by my grootouers op die plaas gewoon. Saans het my ouma tot laat in die nag solitaire by die eetkamer tafel gesit en speel. Doodmoeg – sy’t die hele tyd gesit en gaap, maar speel het sy gespeel. Eers later, toe ek self getroud is, het ek gesnap dat sy eers heeltemal seker wou maak dat my oupa vas slaap voordat sy by hom in die bed klim."
