Monique Waso

Ek is 'n MSc Mikrobiologie-student aan die Universiteit Stellenbosch en sal in Desember my meestersgraad hier voltooi. My navorsing handel oor reënwater as 'n alternatiewe varswaterbron en alternatiewe fekale indikators wat gebruik mag word om waterkwaliteit te monitor. Hierdie alternatiewe indikators kan dan saam met byvoorbeeld E coli gebruik word om waterkwaliteit te monitor en om ons 'n beter idee te gee van die bron van fekale kontaminasie (waar ons tans op voëls as die hoofbron van fekale kontaminasie fokus vir die ontwikkeling van nuwe indikators) – dit sal dan aanleiding gee tot beter waterkwaliteittoetse. Dus sal water in die toekoms meer effektief behandel kan word as ons weet waarvandaan die kontaminasie kom.

Ek is passievol oor omgewingsake en geniet daarom hierdie navorsingsveld terdeë.

Ek het ook reeds van my werk gepubliseer wat hier gevind kan word.

Einstein-kompetisie: Monique Waso

Monique Waso Einstein-kompetisie 2016-06-24

Monique se navorsing handel oor reënwater as 'n alternatiewe varswaterbron en alternatiewe fekale indikators wat gebruik mag word om waterkwaliteit te monitor.

Top