Monique Visser

Monique Visser het ’n BSc in voedselwetenskap van die Universiteit Stellenbosch en het pas haar PhD in omgewingsgesondheid aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) voltooi. Sy is die kommersiële bestuurder van Mérieux NutriSciences Suid-Afrika, ’n maatskappy wat gerig is op die gehalte, volhoubaarheid en veiligheid van voedsel. Monique fokus spesifiek op hoe voedselveiligheidspraktyke in organisasies geïmplementeer, gemeet en versterk kan word.

Nuwe navorser Monique Visser oor die veiligheid van jou speseryerak

Monique Visser Akademies en skole 2026-05-15

Hoe veilig is jou kaneel en peper? LitNet Akademies se nuwe reeks met Mercia Coetzee as projekleier stel nuwe navorsers en hul interessante navorsing aan LitNet-lesers bekend. ’n Lys met Afrikaanse vakterme word by elke bydrae verskaf.

Top