Monique Putter

Monique Putter

Monique is ’n kunstenaar en kunsonderwyser en het vir ’n paar jaar internasionaal gevlieg as lugwaardin. Haar lewe in die Midde-Ooste en haar reise oorsee het haar nuuskierigheid oor mense en hul kultuur verskerp en haar juis laat besin oor die Afrikaanse kultuur wat so fassinerend en uniek is. Haar ervaring om met verskillende mense te werk, het haar insig gegee in hoe mense dink en hoe dit hulle laat optree. Sy en haar man woon in Bloubergstrand en verwag hul eersteling. Sy is passievol oor skilder, skryf en lees en word geïnspireer deur gesprekke en stories van mense wat oor haar pad kom. Monique stel daarin belang om fiksie met dieper temas te skryf met humor en uit ’n onskuldige perspektief sonder om die leser voor te skryf of te ontmoedig. "Enige mens is vreemd en interessant as jy diep genoeg delf in sy karakter, dit wat jou kleurvol maak is baie keer dit wat jy probeer wegsteek."

Vrouedag-skryfkompetisie: Die vrou wat ek onthou

Monique Putter Skryfkompetisies 2019-08-13

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Monique Putter:

"Met gebroke glas van blouvlamhart
het jy my hier op die aarde gelos,
met net asyn om die seer te blus"

Top