Minette Jacobs

Minette verwerf die grade BSocSc (SW) en MA in forensiese maatskaplike werk aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy is by die South African Council for Social Service Professions en die South African Association for Social Workers in Private Practice geregistreer. Verder is Minette lid van die Forensic Social Workers Focus Group en die Vereniging van Maatskaplike Werkers in Privaatpraktyk te Bloemfontein. Minette was as administratiewe beampte by die Sakeskool aan die Universiteit van die Vrystaat werksaam. Vanaf 2007 is sy in privaatpraktyk. Haar spesialisasiegebiede sluit onder andere die volgende in: algemene kinderassesserings; bindingsassesserings en -terapie; ouerleiding; gesinsterapie; egskeidingsmediasie; forensiese assesserings; terapie met seksueel mishandelde kinders; en spreker om ouers en kinders te bemagtig rondom beveiliging van hul kinders en emosionele welsyn binne gesinne.

Guidelines for social workers who forensically assess toddlers

Minette Jacobs, Carel van Wyk Academic research 2015-10-21

"Unfortunately it is a fact that the sexual abuse of children is not abating, and that the younger the child, the higher the risk of sexual abuse. Also, the younger the child, the more challenging it is to do a forensic assessment."

Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer

Minette Jacobs, Carel van Wyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-10-21

"Die kognitiewe en taalontwikkelingsvlak eie aan die peuterontwikkelingsfase maak forensiese assessering van die peuter ingewikkeld en dikwels selfs onmoontlik, en peuters kan nie ʼn onderskeid tussen fantasie en realiteit tref nie."

Top