Milanie Vosloo

Die bekende skrywer Milanie Vosloo skryf dagstuk- en gebedeboeke, sowel as ander inspirerende boeke. Daar is altesaam 24 titels op haar kerfstok. Sy is die uitvoerende voorsitter van Uppe Marketing (Edms) Bpk, ’n reklame-agentskap wat sy in 1985 gestig het en op 5 Maart hul 40ste bestaansjaar vier. Milanie is ook die projekbestuurder van die gewilde en bekende webwerf www.afrikaans.com wat maandeliks 60 000–100 000 besoekers het. Haar jongste boek, getiteld Kaalvoet sielsgedagtes, het onlangs by CUM Boeke verskyn en is reeds ’n topverkoper.

Kaalvoet sielsgedagtes: ’n onderhoud met Milanie Vosloo

Louise Viljoen (JBay), Milanie Vosloo Skrywersonderhoude 2025-02-12

Milanie Vosloo gesels met Louise Viljoen van Jeffreysbaai: "Dagstukboeke het ’n spesiale, baie persoonlike en spesifieke plek in mense se harte. Dis nie net ’n middel tot ’n doel nie. Mense lees dit oor en oor en jaar na jaar en vind – soos hulle deur hul eie reis leef – moed, krag, troos en raad."

Top