Emily100: met ’n Emily-bril
2026-09-28"Ek vermoed dat ek op 31 Oktober ’n paar vroue in my kombi gaan laai. Ons sal wit aantrek en biltong pak vir die langpad Bloemfontein toe. Met elke tree van die prosessie sal ons stil-stil ons eie oorlog voer en met die loslaat van die duiwe elkeen haar eie opstand van stapel stuur." Lees meer oor die Emily100-eeufees in Oktober vanjaar.

