Michael Garbett

Michael Garbett het in 2011 sy loopbaan by die Universiteit van die Vrystaat se Drama en Teaterkunsdepartement begin. Hy het hom vinnig gevestig as ’n hardwerkende student wat uitnemend was in alles wat hy gedoen het. Michael het sy BA Drama en Teaterkuns-graad aan die Universiteit van die Vrystaat in 2013 behaal.

Daarna het hy sy BA Hons Drama en Teaterkuns-graad (Cum Laude) aan die Universiteit van die Vrystaat behaal en het die Ben De-Koker-prys vir die beste nagraadse student in 2014 gewen. Hy is gereeld by professionele produksies, by verskeie feeste, betrokke. Michael het vir die Vrystaatse kunstefees in 2015 begin werk.

Michael het in die afgelope drie jaar sy liefde vir beligting en ontwerp ontdek en is vinnig deur professionele produksiespanne opgeraap. Hy hoop om aan te hou werk in teater en is passievol oor die Suid-Afrikaanse teatermark. Michael glo dat samewerking binne die kunste, in verskillende genres, die enigste manier is om dit relevant te hou vir ’n kontemporêre Suid-Afrikaanse publiek. Tans is hy net besig om sy hare te groei terwyl hy die Vrystaat Kunstefees se Vrynge fees koördineer.

Vrystaat Arts Festival director Michael Garbett on the transformative power of the arts

Naomi Meyer, Michael Garbett Interviews 2023-07-07

"What makes the Vrystaat Arts Festival special is our commitment to showcasing a mix of established and emerging talents, creating a rich and diverse program that caters to all tastes. We pride ourselves on our community engagement initiatives, which involve local communities in co-creating elements of the festival."

Vrystaat Kunstefees 2018: Vrynge inspireer ontluikende kunste

Marli van Eeden, Michael Garbett Feeste 2018-07-13

"In die afwesigheid van doeltreffende afsetgebiede vir die kunste – veral in gemeenskappe wat migreer het tot meer geïsoleerde vorme van vermaak – het die feeste hulself geposisioneer as die vernaamste rolspelers vir die viering en voortsetting van Suid Afrikaanse kuns. Verder het die kunstefeeste ook ’n bepalende rol begin speel in die ontwikkeling van jong kunstenaars."

Top