Metha-Miré Viljoen

Ek is tans 'n junior lektor in Afrikaanse letterkunde by Unisa.

Navorsingsbelangstellings: Afrikaanse prosa en poësie, sowel as kulinêre letterkunde.

Kwalifikasies: BA Tale (Joernalistiek) 2013; BA Hons (Afrikaans) 2014 – albei by die Universiteit van Pretoria. BA Hons (Afrikaans) se navorsingsverslag se titel: “Verskuiwings in persepsies oor homoseksualiteit in Afrikaanse outobiografiese tekste: Pieter Cilliers se Soeker”.

Ek is ook 'n ingeskrewe student vir die MA-graad (Afrikaans) aan die Universiteit van Pretoria, onder leiding van W Burger (Departement Afrikaans), en ondersoek kulinêre letterkunde in Afrikaans.

Einstein-kompetisie: Metha-Miré Viljoen

Metha-Miré Viljoen Einstein-kompetisie 2016-06-23

Metha-Miré is tans ’n meestersstudent aan die Universiteit van Pretoria en ondersoek kulinêre letterkunde in Afrikaans.

Top