Melanie Moen

Melanie Moen is ’n senior dosent in die Departement Opvoedkundige Sielkunde by die Universiteit Stellenbosch. Sy het haar PhD in 2017 voltooi en is ’n geregistreerde sielkundige. Haar ander kwalifikasies is BPrimEd (UP), BEd (Remediërende Onderwys) (UP), BEd (Opvoedkundige-sielkunde) (UP), MEd (Opvoedkundige-sielkunde) (UP) en PhD (UP).

Melanie het in haar PhD gefokus op kinders wat familiemoord pleeg en haar meestersgraad op die moeder-kind-interaksiepatrone in die gevangenis. Sy het ervaring as sielkundige in privaatpraktyk.

Melanie het 28 gepubliseerde artikels in nasionale en internasionale joernale. Sy het ’n akademiese boek getiteld Portraits of pain: Children who kill family members geskryf. Sy is ’n C2-gegradeerde navorser by die NFR (Nasionale Navorsingstigting) van Suid-Afrika.

Tans fokus sy haar navorsing op die gebied van jeugmisdaad en teёspoed (adversity) wat kinders in hulle kinderjare beleef.

Running Records (RR) as ’n leesassesseringstrategie om leesonderrig in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers te ondersteun

Lynette van Tonder, Joyce West, Melanie Moen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-12-09

"Die RR-leesassesseringstrategie het die potensiaal om leerders se leesgedrag te identifiseer sodat onderwysers die uitkoms van RR-aantekeninge kan gebruik om hul leesonderrig te lei. Die strategie is geldig, betroubaar en bestendig in die identifisering van leesgedrag en leesfoute."

Running Records as a reading assessment strategy to support reading instruction in South African Foundation Phase classrooms

Lynette van Tonder, Joyce West, Melanie Moen Academic research 2022-12-09

"RR was found to provide reliable, valid and consistent information to use for reading instruction if implemented correctly and consistently."

Portraits of pain – children who kill family members: an interview with Melanie Moen

Naomi Meyer, Melanie Moen Books and writers 2021-06-15

"As citizens we need to start paying attention to our families and community members. We all need to care enough to report crimes, even if it is uncomfortable to do so."

Die integrasie van musiek en stories as ’n effektiewe benadering tot die ontwikkeling van fonologiese bewuswording vir Afrikaanssprekende graad 1-leerders

Heidi Faber, Ina Joubert, Melanie Moen, Dorette Vermeulen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2015-02-18

"Die finale bevindinge van die navorsing het getoon dat musiek wel ’n positiewe rol speel in die aanleer van fonologiese vaardighede as leesgeletterdheidsvaardigheid by Afrikaanssprekende leerders in graad 1."

Die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe vir die waardebepaling van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse

Tiané Koekemoer, Liesel Ebersöhn, Ina Joubert, Melanie Moen 2013-11-12 "Dié ondersoek het gelei tot die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe aan die hand waarvan onderwysers die waarde van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse kan bepaal."
Top