Marlet le Roux Venter2012-04-19Dis nog skemervroeg die Saterdagoggend toe Bohuslav my wakker maak vir ons reis na Tabor. Hy is ’n oggendmens, ek nie. Hy moet my dus aanjaag sodat ons betyds by die bus op die dorpsplein kan wees. Gelukkig het die ander reisigers alreeds hulle sitplekke in die voorste gestoeltes ingeneem, sodat ek op die lang agterste sitplek verder kon slaap tot dagbreek.
Marlet le Roux Venter2012-04-12Ek is gewoond om geluide te hoor deur die dun mure tussen my en my bure – die klak-klak van die vrouens se hoë hakke op die marmertrappe, my buurman langsaan wat elke oggend vreugdevol sing in die stort, die geluid van paartjies wat liefde maak, kinders wat lag, televisies wat irriterend hard aan is – maar vannag is die geluid onheilspellend.